HEALTHY SOIL = HEALTHY PLANTS = HEALTHY PEOPLE

 

 

Afrikaanse Inligting

 VERVAARDIGERS EN VERSPREIDERS VAN ORGANIESE BEMESTINGSTOWWE VIR ORGANIESE EN BIOLOGIESE PRODUKSIE METODES

 

Talborne Organies se bemestingsowwe is vir Suid-Afrikaanse toestande deur wetenskaplikes geformuleer. Die bemestingstowwe word saamgestel vanuit natuurlike bronne soos plante en diere materiale asook natuurlike minerale en gesteentes. 

Talborne Organies se bemestingstowwe voldoen aan beide EU & NOP organiese regulasies en die insette is goedgekeur vir organiese verbouing deur Control Union.  Hierdie hoë gehalte produkte kan dus met vertroue gebruik word vir organies gesertifiseerde produksie vir die uitvoer en plaaslike mark sowel as insette vir Biologiese en GAP (Globalgap) produsente. 

Die doelstelling van Talborne Organies se bemestingstowwe is om verhoogde oesopbrengste en verbeterde gewas kwaliteite vir die produsent wat volhoubare landbou produksie nastreef, te verseker. 

 VOORDELE VAN TALBORNE ORGANIESE BEMESTINGSTOWWE: 

 

  • Lewer volledige makro- (N,P,K) en mikro voedingstowwe vir gebalanseerde plantvoeding
  • Aanvullend tot die natuurlike plantvoedingstowwe in die grond
  • Verhoog oes-opbrengs en verbeter kwaliteit van gewasse
  • Verbeter produk gehalte – smaak, geur, tekstuur, voedingswaarde en raklewe
  • Stimuleer wortelgroei en verhoog dus die plant se voedings- en vogopname wat die plant help om stres te verminder
  • Verlig stres tydens koue, hitte en droë omstandighede
  • Gesonde plantvoeding bou weerstand teen siektes en plae
  • Stimuleer voordelige grondlewe, mikrobe-werking en aërobiese prosesse (afbreek van organiese materiaal) in die grond
  • Maak die grond meer vrugbaar om die voordelige mikrobiese populasies te verhoog
  • Word volhoubaar oor ‘n langer periode vrygestel (4 tot 6 maande)
  • Loog nie maklik uit die grond nie, is nie vlugtig nie en beperk sodoende die verlies aan bemestingstowwe. Volledige waarde word dus verkry van die belegging wat gemaak is
  • Plantwortels en loofblare word nie gebrand of negatief beïnvloed met korrekte toedienings metodes nie
  • pH-balans bly konstant in die grond (nie-versurend nie)
  • Stimuleer hernude groei by ou plante
  • Geen opbou van soutvlakke en nadelige wanbalanse ontstaan as gevolg van langdurige gebruik van die grond nie - vrugbaarheid word dus met korrekte toedienning verhoog 

 

DRIE REEKSE is nou beskikbaar in KORREL of MEEL vorm om in al u produksiebehoeftes te voorsien:

 

1.    VITA Organiese Bemestingstowwe 

VITA is die enigste reeks geregistreede organiese bemestingstowwe met ‘n hoë voedingswaarde van Makro nutriente (N, P en K) en mikro nutriente in S.A. (Groep 1 Registreer Wet 36 van 1947 R.S.A.)

VITA is beproef onder intensiewe produksie stelsels om verhoogde kwaliteit en opbrengs te lewer.  Die voedingstowwe in VITA word geleidelik oor 'n tydperk van ongeveer vier tot ses maande vrygestel (volgehoue vrystelling). 

 • VITA Grow 2:3:2 (16) (NDL Reg. Nr. K5127) 
 • VITA Fruit and Flower 3:1:5 (18) (NDL Reg. Nr. K5125)
 • VITA Green 5:1:5 (16) (NDL Reg. Nr. K5126)
 • VITA Veg 6:3:4 (16) (NDL Reg. Nr. K6936)
 • VITA Nitro-boost 8:1:1 (10) (NDL Reg. Nr. K8617)
 • VITA Bone Phosphate 4:10:0 (14) (NDL Reg. Nr. K3513)

2.    ECO-Organiese Bemestingstowwe 

ECO-nomiese ECO-logiese bemestingstowwe bestaande uit geformuleerde mengsels van kompos verryk met VITA Organiese Plantvoedingstowwe. Gebruik vir ekstensiewe produksiegronde waar tekort aan voedingstowwe en humus bestaan. Stimuleer mikrobiese aktiwiteit, verbeter grondstruktuur, verhoed kluitvorming en verhoog grondvog hou vermoë.  Registrasie as Groep 2 Wet 36 van 1947 R.S.A. 

  • ECO-Green 6:2:5 (13)                               (NDL Reg. Nr. B3370)


 3.    ENVIRO-CARE Bemestingstowwe 

ENVIRO-CARE reeks verryk hoë kwaliteit Organiese bemestingstowwe met geselekteerde Chemiese bemestingstowwe om volhoubare boerdery teen optimale opbrengste en billike insetkostes te verseker vir die BIO-boer. Water oplosbare voedingstowwe word vinnig vrygestel en opgevolg deur volgehoue organiese vrystelling oor ‘n tydperk van tot 6 maande. Verlaagde verlies aan voedingstowwe deurdat loging beperk word verseker verhoogde beskikbaarheid en opname van voedingstowwe. ENVIRO-CARE is sagter op die grondekosisteem en bevorder dus grondbewaring. 

  • Enviro-Care 2:3:2 (21)

  • Enviro-Care 2:3:4 (23)

  • Enviro-Care 3:1:5 (22)

  • Enviro-Care 5:1:5 (22)

  • Enviro-Care 6:3:4 (22)

  • Enviro-Care 8:1:1 (20)

  • Enviro-Care 3:2:1 (24)

  • Enviro-Care 7:1:4 (22)

 

 VRYSTELLING MEGANISME VAN ORGANIESE BEMESTINGSTOWWE

 

Grondlewe soos voordelige swamme, aërobiese en stikstofbindende bakteriëe en pseudomonas stel voedingstowwe in 'n opneembare vorm aan die plant beskikbaar. Organiese bemestingstowwe word op soortgelyke wyse geleidelik en oor 'n langer periode beskikbaar gestel en verskaf natuurlike makro- en mikro-elemente aan die plant wat lei tot verbeterde groei van plante, kwaliteit van vrugte en 'n gesonde plantwortel omgewing. 

 TOEDINING VAN ORGANIESE BEMESTINGSTOWWE

 

 Aanbevelings vir kommersiële produksie behoort altyd deur ‘n gekwalifiseerde deskundige voorgeskryf te word. Kontak ons gerus om u hiermee tot diens te wees. Standaard grondontledings (AGRILASA LABS) tesame met Koolstof (C) en die spesifieke gewas se voedingsvereistes is noodsaaklik om ‘n gepaste program voor te skryf. 

✓  Plantvoeding word voor sekere kritieke stadiums in 'n plant se groeisiklus (soos plantvestiging, bot, blom en vrugvorming) toegedien om plantstres te voorkom

✓  Die ontstaan en uitwerking van probleme word aansienlik verminder met die gebruik van Talborne Organies se bemestingstowwe. Aangesien daar 3 verskillende reekse aangebied word, kan die gepaste makro- en mikro-plantvoedingstowwe beskikbaar gestel word vir die plant of gewas se behoeftes

✓  Aangesien organiese voedingstowwe op verskillende wyse afgebreek en oor 'n langer periode as sintetiese kunsmis vrygestel word loog dit nie maklik nie en vind daar geen verlies plaas deur verdamping, veral in ‘n baie nat of droë klimaat, en kan dit ook nie die plant brand nie 

 

✓  Strooi breedwerpig of bandplaas met toediening. Indien moontlik werk liggies in die grond in. VITA, ECO en ENVIRO-CARE produkte moet verkieslik in die grond ingewerk word tydens aanplantings en kopbemesting kan breedwerpig of per boom oor die drupsone versprei word

✓  Met vestiging van nuwe lande of boorde kan Talborne Organies se bemestingstowwe direk in die grond, of met die grond en komposmengsel vir plantgate gemeng word

✓  Die bemestingstowwe kan met kompos gemeng word om die kompos se voedingswaarde te verhoog en die komposteringsproses te versnel

✓  Vir tonnelboerdery word Talborne Organies se bemestingstowwe in die grond of groeimedium ge­meng om 'n voedingsryke wortelomgewing te help skep vir beter groei, opbrengs en kwaliteit 

✓  Omdat Talborne Organies se bemestingstowwe nie wateroplosbaar is nie kan dit nie in hidroponiese stelsels of deur drupperstelsels toegedien word nie 

 

BELANGRIKHEID VAN BEMESTINGSTOWWE

 

Daar is agttien elemente wat as noodsaaklik vir plantgroei en gesonde ontwikkeling beskou word. Koolstof (C), suurstof (O2) en waterstof (H) word deur die atmosfeer (lug) en water aan die plant voorsien terwyl die balans uit die grond verkry moet word. ‘n Tekort aan een of meer van die noodsaaklike plantvoedingstowwe kan tot swak groei en ontwikkeling van die plant lei en vatbaarheid vir siektes verhoog. Om hierdie tekorte aan te vul word Talborne Organies se bemestingstowwe in die grond toegedien sonder dat die grondlewe versteur of vernietig word. 

1. PREMIERE BEMESTINGSTOWWE

 

Stikstof (N)

✓  Bevorder vinnige groei en gehalte van blaar, vrug en saad

✓  Voldoende stikstof vir die plant se behoeftes verseker 'n diep groen kleur van die blaar

✓  Vorm deel van alle lewende selle en is belangrik vir sintese en groeikrag van die plant

✓  Komponent van chlorofil, wat veseker dat die plant sy eie kos kan vervaardig

✓  Baie belangrik vir proteïen inhoud van gewas, veral neute en graansade

✓  Noodsaaklik vir aminosuur produksie wat die boustene is van proteïen

 

Fosfaat (P)

✓  Noodsaklik vir nuwe aanplantings vir sterk wortelgroei en plantontwikkeling

✓  Bevorder groeikragtigheid van die plant deur die omskakeling van sonkrag na plantenergie wat vinnige groei aanspoor

✓  Versterk die plant teen stres

✓  Verbeter grote en opbrengs van loof, blom, vrug en saadproduksie.

✓  Noodsaaklik vir fotosintese

✓  Vorming van olies, suiker en stysel

 

Kalium (K)

✓  Noodsaaklik vir blom- en vrugvorming

✓  Verantwoordelik vir selformasie, proteïienproduksie en wortelontwikkeling

✓  Algemene kragtigheid en goeie gesondheid van die plant

✓  Bevorder die produksie van suiker en stysel

✓  Gee beter vrugsmaak, -kleur en -grote

✓  Verhoog die plant se meganisme teen hitte-, koue-en droogtestres

✓  Belangrik by die produksie van plantvoedsel (fotosintese)

✓  Help om die plantweefsel te versterk

 

 2. SEKONDERE BEMESTINGSTOWWE

 

Kalsium (Ca) 

✓  Belangrik vir plantgroei en sterker plantweefsel wat beskerming teen peste en plantsiektes bied

✓  Bevorder vroë wortelontwikkeling en groei van saailinge

✓  Help dat ander voedingstowwe opgeneem word

✓  Veroorsaak dat grond se chemie in balans bly (pH) en belangrik vir goeie grondstrukteer wat voordelig is vir plantgesondheid en goeie produksie

 

Magnesium (Mg) 

✓  Noodsaaklik vir die vorming van chlorofil en die groepering van suiker

✓  Vervoer van fosfor (P) en stysel deur die plant. Bevorder die groepering van olie en vette

✓  Nodig vir gesonde groei

✓  Bevorder plant ensiem aktiwitiete

✓  Belangrik vir grondchemie om sanderige gronde te bind vir die opbou van plantvoedingstowwe en water reserwes in die grond vir plantgesondheid en verhoogde produksie

 

Swael (S) 

✓  Verhoog wortelontwikkeling

✓  Bevorder donkergroen kleur van plant

✓  Stimuleer saadproduksie

✓  Noodsaaklik vir proteïenproduksie

✓  Vorm die smaak en reuk van baie vrugte en groente

✓  Vervaardiging van vitamine en ensieme en die werking daarvan in die plant 

 

 3. MIKRO BEMESTINGSTOWWE

 

Mangaan (Mn) 

✓  Aktiveer baie metaboliese reaksies

✓  Verhoog die absorpsie van Ca, Mg en P

✓  Versnel saadontkieming en plant-volwassenheid

 

Chloor (Cl) 

✓  Betrokke by fotosintese en chlorofilproduksie

✓  Stimuleer ensiemaktiwiteite

✓  Kontroleer waterverlies en vogstres

 

Natrium (Na) 

✓  Waterregulerende funksie

✓  Bevorder fotosintese

 

Koper (Cu) 

✓  Nodig vir chlorofilproduksie

✓  Tree as katalisator op vir verskeie plantreaksies

 

Yster (Fe) 

✓  Versnel chlorofilproduksie

✓  Metabolisering van RNA

✓  Dra by tot die diepgroen kleur van blare

 

Sink (Zn) 

✓  Belangrik vir Aminosuur- stysel en chlorofilproduksie

✓  Bevorder vrugbaarheid dus verhoogde produksie

✓  Verbeter die werking van die plant se immunitietstelsel en dus weerstand teen plantsiektes

✓  Versnel die plant se groeikragtigheid

✓  Reguleer suiker gebruik in die plant

 

Kobalt (Co) 

✓  Belangrik in die knopperige wortelstelsels (peul gewasse) waar stikstofbindende bakteriëe werk

✓  Stimuleer groei, transpirasie en fotosintese 

 

Boor (B) 

✓  Bevorder vroeër wortelgroei en -ontwikkeling

✓  Belangrik in die opneem en gebruik van stikstof in die plantselle

✓  Verhoog die plant se groeikragtigheid

✓  Verhoog opbrengs en verbeter kwaliteit van vrugte en groente

✓  Belangrik om harde stingels in gewasse soos wortels en aspersies te voorkom 

 

Molibdeen (Mo) 

✓  Versnel plante se opname van stikstof.

✓  Belangrik vir gesonde blaarvorming veral by brassika groente