HEALTHY SOIL = HEALTHY PLANTS = HEALTHY PEOPLE

 

 

Organic Health

Organiese Gesondheid


Die velsorgspesialis Almay het ’n nuwe reeks natuurlike produkte ?– kompleet in omgewingsvriendelike verpakking – bekend gestel waarmee énige vel vertroetel kan word.


Die Bio-Organic-reeks bestaan uit natuurlike bestanddele en spog met Almay se vertroude hipo-allergeniese eienskappe.
Dit bied ’n natuurlike alternatief vir ’n gesonde vel, met bestanddele soos die plantekstrakte soethout en aspen-bas, wat albei anti-inflammatories is. Daar is ook ekstrak van die moringa-saad, wat die vel daaglik teen besoedeling beskerm.

 


Die Bio-Organic-reeks bestaan uit twee behandelings – een vir ’n normale vel en een vir droë vel.
Pryse vir Almay se nuwe Bio-Organic-velsorgreeks wissel van R115 tot R150.


- Beeld